Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jakkie Louw tree op

Jakkie Louw tree op
 
2011-03-17


OP Vrydag 25 Maart om 20:00 is sanger Jakkie Louw te sien by die Ou Meul-teater.

Louw het sy eerste groot plaat, ‘Drie Pikkewyne’ in 2006 bekend gestel. Hy het ook al reg oor die land getoer met sy orkes. Die opvolg CD in 2008 was “Marretjie se hoender”. In September 2010 het hy sy nuwe CD “Gemaak in SA” bekend gestel. Hierdie is Jakkie se beste CD tot dusver en die liedjies is bedoel om hard geluister te word deur mense wat goeie musiek waardeer.

Binne drie weke was sy nuwe CD nommer agt verkoper in Suid-Afrika. Jakkie se nuutste ballade Een Miljoen Woorde is ’n aangrypende lied oor hoe kanker die lewens van twee jong verliefdes beïnvloed.

Kaartjies is R80 per persoon en kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083-564-0056.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za