Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vermaak by die Bôrdienghuis

Vermaak by die Bôrdienghuis
 
2011-03-17


FEESGANGERS van vanjaar se Wellington Oesfees kan uitsien na heerlike vermaak by Die Bôrdienghuis op Wellington.

Op Vrydag 18 Maart word die verrigtinge afgeskop met ’n lekker 80’s en 90’s Jukebox. Musiek uit hierdie eras word gespeel deur Cape DJ’s. Bring jou eie piekniekmandjie (geen drank) en kom kuier en dans op heerlike musiek vanaf 19:00 tot 24:00. Kaartjies is R30 en ’n kontantkroeg is beskikbaar.

Op Saterdag 19 Maart om 20:00 bied Douglas Green ’n vertoning aan genaamd 3 Stemme/Music Tripple met Manie Jackson, Sarah Theron en Dewald Louw vir drie ure van topvermaak. Elke gas ontvang ’n gratis verwelkomingsdrankie.

Manie Jackson is een van ons nuutste stemme. Sy eerlike vertolking van liedere soos Die Hemel Weet het telkens gehore in vervoering.

Sarah Theron is ’n Diva van formaat en sal die gehoor bederf met liedere soos Briefie vir Madiba en die geliefde Gloryland. Idols-wenner Dewald Louw kom maak sy debuut in Wellington met ’n kragtoer van liedere van sy SAMA-genomineerde album, Ek en Jy, wat die gehoor op hul voete sal kry.

Kaartjies is R100 per persoon. Besprekings vir beide vertonings kan gedoen word by 082-812-1112 .




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za