Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skoletalentkompetisie

Skoletalentkompetisie
 
2011-03-17


SKOLE kan nou hul talentvolle leerders inskryf vir die SA skoletalentkompetisie. Nie net staan die leerders kans om ’n groot prys te wen nie, maar ook die wenskool.

Inskrywings vir dié kompetisie is gratis en die eerste ronde sluit op 31 Mei.

’n Skool kan vir die kompetisie inskryf en net leerders van daardie skool kan dan deelneem, waarna ’n wenner vir die skool gekies word.

Die wenners van al die skole in die dorp sal dan meeding vir die dorp se wenner. Daarna sal die wenner van elke dorp deelneem en die wenner vir die plaaslike munisipaliteit sal aangewys word.

Die verskeie distrikwenners sal dan meeding en as die wenner van die Kaapse Wynland Distrik gekroon word en so ook met die groot prys van R10 000 wegloop.

Wenners van laer- en hoërskoolleerders sal elk R10 000 wen en die wenskole elk R20 000. Om jou skool in te skryf, skakel Elaine by 081-300-4400 of Mario by 072-184-1115.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za