DIE Graceland Art Ministries bied gratis klasse aan vir kinders in die gemeenskap wat belang stel om klasse te neem in kitaar, trom of klavier, asook drama- en dansklasse. Dié klasse word aangebied by die Miqlat-sentrum (ou Tiffany’s-gebou in Lantanastraat).
Kitaar- en dramaklasse vind plaas op Dinsdae vanaf 15:30 tot 17:30. Trom- en klavierklasse word gehou op Saterdae om 15:00 en dansklasse word gehou op Donderdae vanaf 15:30 tot 17:30.
Graceland Art Ministries is gestig in 2006 en hul uitsluitlike doel is om met kinders in die gemeenskappe te werk.
Hul visie is om kinders toe te rus om hul onderskeie talente te gebruik en te ontwikkel en hul doel is om klasse in die uitvoerende kunste gratis aan kinders in die gemeenskap aan te bied.
Individue of besighede word genooi om dié inisiatief te ondersteun deur enige vorm van skenkings.
Vir navrae, skakel Henry Oktober by 071-2579-373.