Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kotze gou gevonnis

Kotze gou gevonnis
 
2011-03-17


DIE veroordeelde aanrander, Dan Kotze, se lot sal binnekort bepaal word, wanneer hy volgende week gevonnis word.

Kotze, ’n voormalige ANC-raadslid, is verlede jaar skuldig bevind op twee klagtes van aanranding. Hy is daarvan beskuldig dat hy Trevor en Joan Ernstzen van die plaas Le Fût in Klein Drakenstein in 2007 aangerand het.

Verskeie getuies het tydens die verhoor getuig dat hulle gesien het hoe Kotze vir Trevor geslaan het en hom toe herhaaldelik skop terwyl hy op die grond gelê het.

Trevor het sulke ernstige kopbeserings opgedoen dat hy met breinskade gelaat is.

Landdros André Fourie het Kotze skuldig bevind in die Paarl Landdroshof, maar het tydens sy uitspraak aangevoer dat weens die erns van dié saak, moes dit eintlik in die Streekhof verhoor word. Hy het aangevoer dat indien Kotze “reg aangekla” was sou hy ten minste op een klag van poging tot moord skuldig bevind gewees het.

Kotze se vonnisoplegging vind op 24 Maart plaas in die Paarl Streekhof.

* A previous ANC councillor, Dan Kotze, will be sentenced next week, after having been found guilty of two counts of assault.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za