Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bergbrand rig groot skade aan

Bergbrand rig groot skade aan
 
2011-03-17

Lise Beyers

NET toe dit gelyk het asof die Paarl vanjaar se versengende somer ’n brand vrygespring het, het Dutoitskloof verlede week vlamgevat.

Die brand het reeds vroeg in die week ontstaan in die Rawsonville-gebied weens weerlig.

Sterk winde het die vlamme teen die berge uitgedwing, en toe dit nie onder bedwang gebring kon word in Dutoitskloof nie, is ’n brandbaan bo die pas gebrand, om verspreiding te verhoed.

Ongeveer 80 brandbestryders van CapeNature, die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit, Berg tot Oseaan Bosbou en plaaslike vrywilligers was hierby betrokke.

Die brandbaan het suksesvol verhoed dat die brand die Paarlvallei bereik en skade aanrig aan landbougrond en plantasies.

Die pas was vir twee dae gesluit om die veiligheid van padgebruikers te verseker. Verkeer is steeds deur die tonnel gelaat.

Die brand het ongeveer 30 000 hektaar van die Limietberg Natuurreservaat beskadig, wat meestal fynbos behels.

Die brand aan die Paarl-kant van die berg het jong fynbos verwoes wat uit ’n ekologiese oogpunt nie ideaal is nie, aangesien die plantegroeibehoeftes meer tyd nodig het om te herstel van vorige brande.

Volgens Fanie Bekker van Cape Nature, het sulke groot brande wat binne opvangsgebiede plaasvind, ’n nadelige uitwerking op grondstruktuur en sy water-retensievermoë.

“Dit kan lei tot ’n merkbare afname in watervloei van ’n aanvaarbare gehalte na ons opvangsgebiede.

“Die moontlikheid is ook goed dat indringerplante hierna kan versprei, wat ook sal lei tot ’n beduidende vermindering in die waterafloop van hierdie area, iets wat die Wes-Kaap met sy water-uitdagings skaars kan bekostig.

“Dit kan afloop-water met 50% of meer verminder.”

Die opvangsgebiede van die Limietberg Natuurreservaat voer water na die Wemmershoek-, Stettynskloof- en Brandvleidamme, wat die belangrikste verskaffers van water aan die Kaapse Metropolitaanse gebied en die omliggende nywerhede en landboubedryf is.

* Nearly 30 000 hectares of the Limietberg Nature Reserve has been savaged by a veld fire, causing grave concerns about run-off during the coming rain season.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za