Vier die oes heel naweek op Wellington
2011-03-17
MOENIE verder soek vir iets om te doen oor die langnaweek van 19 tot 21 Maart nie. Die vyfde jaarlikse Wellington Oesfees het 地 program propvol vermaak wat sal pas by ieder en elk se smaak. Twee gelukkige lesers kan dubbelkaartjies wen. Of jy nou in die bui is vir 地 aksie-belaaide avontuur of vir 地 rustige kuiertjie onder die herfsson vir fynproewerskos, uitstekende wyne en musiek uit die boonste rakke, geniet 地 unieke alternatiewe ervaring van oestyd in die Boland (sien bylae met volledige program). Daar is geen rede vir skuldgevoelens omdat jy jou oefenprogram afskeep in ruil vir 地 naweek in Wellington nie. Neem eenvoudig deel aan die Doolhof Sterk Man en Vrou-kompetisie, doen die 15 km Welvanpas volmaan-bergfietsrit en sien ystervarke, wildevarke en selfs luiperds of sluit by gidse aan vir die Wine on Foot@Blouvlei-staptog oor vier mooi plase. Verwag nog meer aksie van die 60 km Wellington Wyne vierwielmotorfiets-roete, wildritte en visvang by Bontebok Ridge of bekyk die pret vanuit 地 helikopter. Ritte word aangebied deur Schalk Burger & Sons. Liplekkerkos, die voorste wyne en pret en vermaak net waar jy gaan, wat meer kan 地 mens vra. Moenie die vyfgang Wellington Gourmet aandete by die Grand Dedale Country House misloop nie, of kies 地 Mediterreense-styl middagete in die prentjiemooi tuine van Klein Optenhorst omring deur kuns en beeldhouwerk of sak toe op Diemersfontein se Vallei van Canap駸 waar eindelose watertand happies jou inwag teen 地 vasgestelde prys. Of wees 地 bietjie waaghalsig en sluit aan by 地 Mbekweni townshiptoer wat 地 besoek aan 地 tradisionele bierbrouery en 地 Afrika kuierplek insluit. Musiekliefhebbers sal moeilik kies tussen die Geraas Oppie Plaas konsert met Steve Hofmeyr, Armand en Adam Tas; of die Douglas Green musiektrio en 180 minute saam met Manie Jackson, Sarah Theron en Dewald Louw. Diegene met 地 oor vir opera kan uitsien na 地 kulturele aand saam met 地 stukkie van Wellington se geskiedenis. Gebruik gerus die gerieflike Bovlei partytjiebus om tussen die plase te beweeg en bring die kleingoed vir 地 eindelose roomysdroom by Diemersfontein vir trekker- en perdryritte. Toegangskostes is R60 per persoon en is gratis vir kinders jonger as 13. Maandag is dit R30. Toegangskaartjies is beskikbaar by alle deelnemende plase en die Wellington Inligtingskantoor. Vir meer inligting, kontak Emma by 021-873-4604 of besoek www.harvestfestival.co.za. Sien ook bylae vandag in Paarl Post. ) Twee gelukkige lesers kan elk 地 dubbelkaartjie wen vir enige dag van die Wellington Oesfees, tesame met 地 bottel Primitiv Organic Vodka of 地 bottel Limoncello van Jorgensen痴 Distillery. Om te wen, stuur 地 epos na info@wellington.co.za met jou naam en selnommer, asook die naam van die distilleerder wat die geskenke borg.
More
News
|