SMS
2011-03-24
* Die amptenare moet aan die stadsraad leiding gee. As hulle nie hul skuld betaal nie, vrot die munisipaliteit van onder af. * Hierdie is slegs die “ore van die seekoei” - Amptenaar sonder munisipale skuld. * The gravy train is becoming too full. * Raadslede doen niks vir groot salaris, maar kry nog 50 persent afslag? Trek hul geld per debietorder af of sny ook hul krag af. Hulle is nie uitgesoekte spesie! * En waar is die parkering by die voorgenome nuwe biblioteek hoek van Mark- en Hoofstraat? Le Roux. * Ai Drakenstein Munisipaliteit, hoe lank moet ons nog wag voordat julle Rozenburgstraat kom netjies maak? Vir 7 maande nog geen mens gesien nie. * Ek was ’n verbete leser van die Paarl Post totdat ek Darling toe getrek het. Nou kan ek steeds nie wag vir Donderdae se webnuus uit die Paarl nie. Julle bly die beste. Maria Boonzaaier. * Lise Beyers jou berig “motordief vas na wilde jaagtog op die N1 Kaap toe” uitstekend, boeiend, vinnig soos die blitspatrollie! Soos ’n movie! Ek’s trots op jou. * Elfrisco area jou arrogante maniere sal jou nêrens bring nie, wie dink jy is jy dat die Moslemgemeenskap na jou sal luister? * Kan iemand asb kyk na die “gangetjie” tussen hoër- en laerskool Paulus en die een wat Lantana met Beukesstraat verbind. Dit is al jare ontoeganklik vir bejaardes en rolstoele weens ongelyke oppervlak. * Deetlefs, asb, ons hoor jou. Maar, o ja, dit is mos amper verkiesingstyd. NOU hoor ons ’n slag van jou! * Mense in Wyk 11 moet verstaan dat raadslid Voss (NPP) staan onder die ANC. Viva DA. *Baie dankie aan Sereno-kliniek se personeel vir hul goeie, vriendelike diens, julle is die beste.
More
News
|