ONS hoor en lees altyd van die negatiewe dinge wat in die land gebeur.
My bejaarde man is op 8 Februarie in Paarl Hospitaal opgeneem vir ’n knie-operasie.
Ek wil namens myself en my familie dankie sê aan die pesoneel van al die betrokke afdelings vir die puik diens en sorg wat hy van hulle ontvang het.
Ons weet dat hy een van die moeiliker pasiënte was, maar hulle het hom nog steeds met deernis en respek behandel.
Dankie vir die puik diens.
Doreen Spies