Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Polisie versuim hul plig

Polisie versuim hul plig
 
2011-03-24


EK verwys na mnr Malherbe se brief in die Paarl Post van 17 Maart. Die polisie het glo nie die mannekrag om op te tree nie teen persone wat daagliks die wynboere se druiwe steel terwyl hulle dit na die kelders vervoer.

Die boere se lande word gestroop van hul koperkrane, maar nie net die skade van die krane nie maar ook skade aan hul produkte, aangesien hulle nie water kan besproei vir hul produkte nie.

Ons almal weet jy sal nooit vind dat ’n persoon sit en koperdraad, koperkrane, sakrekenaars, tuinslange, rolle staaldraad, grawe, televisiestelle, juweliersware of gereedskap langs die pad verkoop nie.

Die vraag is dan wat word van hierdie items wat daagliks gesteel word en die antwoord is tog eenvoudig. Die diewe verkoop dit aan pandjieswinkels, skrootwerwe en tweedehandse handelaars.

Hierdie handelaars is onderworpe aan Wet 23 van 1955 met betrekking tot handel in tweedehandse goedere. Volgens ’n nasionale instruksie van SAPD is alle polisiekantore verplig om hierdie handelaars te besoek, maar glo my ek het die inligting dat hulle nie veel sukses het met hulle besoeke nie.

Ek stel voor gebruik 50% van die sigbare patrollies se lede en laat hulle hul aandag gee aan hierdie handelaars.

Daar is net een uitweg: plaas druk op die polisie sodat hulle die werklike probleem moet aanspreek (soos die handelaars wat gesteelde goedere aankoop) deur elke misdaad te rapporteer hoe gering ook al, sodat dit die polisie se misdaadstatistiek kan beïnvloed en sodoende word daar van hoofkantoor weer op die plaaslike bestuur druk uitgeoefen. Kom polisiebestuur, as julle nie weet hoe nie, ek is beskikbaar vir leiding.

Neville Botha




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za