IN hierdie tyd waar diens by die dag verswak wil ek net my ondervinding met die lesers deel.
Ek het ’n nuwe Kia Soul bestel, en ná ’n vertraging deur padvervoerstakings het ek die voertuig twee weke later ontvang as wat belowe was.
Ek moes na Port Elizabeth gaan vir ’n troue en mnre Frans Opperman en Jaco von Kotze het gereël dat ek een van hulle voertuie kon gebruik vir die reis.
Baie dankie vir julle vertroue in my sowel vir die puik reëlings en diens met die aankoop van my motor.
Hou so aan. Ek sal my volgende Kia weer by julle koop.
Steve Meyer
Struisbaai