Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dankie vir hulp ná ongeluk

Dankie vir hulp ná ongeluk
 
2011-03-24


OP 5 Maart was my seun betrokke in ’n motorongeluk op die R312 tussen die Paarl en Durbanville. Sy motor het gerol en hy het met die genade van Bo nie ernstig seer gekry nie - maar dinge kon soveel anders gewees het.

Sy motortjie is dalk ’n wrak, en hy moet nou maar weer op ander staat maak, maar ek en hy het weer eens geleer dat daar nog baie mense in die wêreld is wat wel vir hul medemens omgee.

Ek wil net almal bedank wat hom direk ná die ongeluk bygestaan het en ook by hom gebly het totdat ek op die toneel gekom het.

Vir die menere in die trokke wat gehelp het om die verkeer te reguleer en hom ook te hulp gesnel het, baie dankie aan julle. asook die polisie - julle is tops!

Aan die dame met die rooi Golf wat die eintlike oorsaak van al die ellende was en wat daarna weggery het sonder om eers die moeite te doen om stil te hou, en toe verwaand genoeg was om in die plaaspad stil te hou en die skade op ’n afstand dop te hou, en nog steeds nie hulp aangebied het nie - ek glo dat as u ’n gewete het, dit u nou lelik opkeil.

Dankbare ma




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za