Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Afwesigheid van verkeersbeamptes

Afwesigheid van verkeersbeamptes
 
2011-03-24


EK het vyf jaar gelede na die Paarl verhuis. Ek is jammer om te moet sê dat die Paarl die swakste dorp in ons land is wat die toepassing van verkeersreëls betref.

Stopstrate en selfs rooi verkeersligte word geïgnoreer. Ek is bevrees om in my motor te klim en die strate in te vaar.

Dan praat ek veral van die Dal Josafat-omgewing waar ek meestal beweeg.

Die robot by die aansluiting van Borssenbergstraat met Jan van Riebeeckrylaan en soos jy aanbeweeg met Borssenbergweg in die rigting van Bo-Dalpad is ’n goudmyn vir die Drakenstein Munisipaliteit, as die verkeersbeamptes maar net soms daar wil wees om die oortreders vas te vat, maar ek sien nooit enige beamptes enige plek in die dorp nie, behalwe miskien in die teenwoordigheid van ’n begrafnisstoet.

Ek glo ’n persoon wat oor ’n stopstraat ry sonder om links of regs te kyk, ook oor ’n rooi robot, is ’n baie groter gevaar vir kinders en diere en ander motoriste op die paaie, as wat ’n persoon wat miskien l5km oor die spoedgrens ry ooit kan wees.

Dit bring my by ’n ander onderwerp, naamlik die sinnelose spoedbeperkings op Jan van Riebeeckrylaan wat elke paar kilometers verander.

Dit is nou 60 dan 80 dan sommer l00 terwyl die plekke waar dit 100 is net so behou en selfs meer bebou is as die 60 en 80 sones.

Is die doel daarvan dalk om die motoris uit te vang met die spoedbeheerkameras? U kan gerus ’n kamera installeer by die eerste stop op linkerkant soos jy met Borssenberg op ry en ook by die volgende 3km stop daarna, wat daar gesit is neem ek aan vir die veiligheid van skoolkinders wat daar moet loop, maar deur soveel motoriste totaal geïgnoreer word.

Skaam vir Paarl




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za