Kaasfees word 10 jaar oud
2011-03-24
DIE SA Kaasfees vier van 29 April tot 2 Mei ’n dekade van kaasgenot. Vanjaar se fees vind by Sandringham plaas. Hierdie terrein is langs die N1, halfpad tussen Kaapstad en die Paarl, in die Stellenbosch omgewing. ’n Beperkte aantal kaartjies is beskikbaar by Computicket en Checkers-winkels teen R110 vir die naweeksdae en R90 vir Vrydag en Maandag. Senior burgers betaal R70 en kinders van 12 jaar het gratis toegang.
More
News
|