Jaarlikse werkswinkel
2011-03-24
MEGA EVENTS se jaarlikse werkswinkel Van die wingerd tot die wynglas, wat op 25 Mei by die Nantes Estate buite Paarlplaasvind, beloof om weer hierdie jaar groot aftrek te kry, met sprekers soos Christine Rudman, John Lloyd van Brandstorm en Edo Heyns van WineLand-tydskrif. Personeel in die wynbedryf wat direk met kliënte werk en so die beeld van die organisasie uitdra, vind veral hierby baat en besprekingspunte sal hierby aansluit. Toegangsgeld vir die werkswinkel is R550 per persoon en belangstellendes sal moet bespreek weens beperkte getalle. Vir verdere inligting, kontak Elma Brand voor 13 Mei by 021-863-0397. Jy kan ook ’n e-pos na events@agrimega.co.za stuur.
More
News
|