Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nuwe wet is geen grap

Nuwe wet is geen grap
 
2011-03-24


ANDERS as ander 1 April-grappe, is die beoogde inwerkingtreding van die nuwe Maatskappywet op dié dag ’n werklikheid.

Goeie beplanning is nou al hiervoor nodig, sę Johann Boshoff van PricewaterhouseCoopers, want die wet, wat deur uitgebreide regulasies aangevul word, hou groot veranderinge in die sakewęreld in.

En hoewel die mikpunt na tien jaar slegs een wet is, is die verpligte likwidasiebepalings van die vorige wet steeds in werking en so ook die bestaande Wet op Beslote Korporasies. Dit beteken drie korporatiewe wette is nou geldig.

Hier is ’n paar punte wat van April af sal geld:

* Die regsonderskeid tussen vennootskappe en maatskappye word behou, maar die beperking tot ’n maksimum van 20 lede vir ’n vennootskap val weg.

* Die Maatskappyregistrasiekantoor (CIPRO) sal ’n gedaanteverwisseling ondergaan en ’n kommissie genoem word met meer magte, tande en bevoegdhede om wetstoepassing te reguleer.

* Geen nuwe beslote korporasies sal gevorm kan word nie en bestaande korporasies word aangespoor om te oorweeg om om te skakel in privaat maatskappye, hoewel dit nie verpligtend is nie.

* Maatskappye gaan breedweg in vyf groepe verdeel word – publiek, privaat, sonder winsbejag, met persoonlike aanspreeklikheid en in staatsbesit. Hulle sal uitgeken kan word aan die naam wat moet eindig met onderskeidelik “Bpk”, “Edms Bpk”, “NPC”, “Geďnk.” en “SOC”. Dit behoort by te dra tot meer deursigtigheid waar byvoorbeeld met filiale van die staat besigheid gedoen word.

* Privaat maatskappye waar alle aandeelhouers ook direkteure is, gaan vrygestel word van sekere vereistes soos verpligte fisiese vergaderings, kennisgewings en die oudit van finansiële state, wat hul administratiewe kostes in lyn met dié van beslote korporasies behoort te bring. Die beperking van ’n maksimum van vyftig aandeelhouers vir privaat maatskappye val ook weg. Dit kan sekere landboumaatskappye wat histories as “publiek” geklassifiseer is, suiwer oor hul groot getal aandeelhouers, aanspoor om na privaat maatskappye om te skakel.

* Maatskappye sal nou maklik gestig kan word op die kommissie se webwerf vir elektroniese registrasies. Slegs een stigtingsdokument, ’n akte van oprigting, word vereis en daar word weggedoen met ’n statuut. Die nuwe akte van oprigting is daarop gemik om eenvoudig en buigsaam te wees.

Bestaande maatskappye het twee jaar om hul aktes, statutes en aandeelhouers­ooreenkomste te wysig, waarna bepalings wat teenstrydig is met die nuwe wet ongeldig sal word. Die 75%-stemreël vir spesiale besluite kan in die akte van oprigting tot 60% verminder word.

* Die verpligtinge en aanspreeklikhede van direkteure vir hul gedrag en besluite namens die maatskappy en aandeelhouers word duideliker uitgespel. Die howe mag direkteure nou ook as onbevoeg verklaar en selfs beveel dat hulle vergoeding moet betaal aan enige persoon wat as slagoffer uit ’n transaksie mag kom.

* Minderhede geniet nou die voordeel dat hulle hul aandele vir die maatskappy kan aanbied om teen markwaarde uitgekoop te word waar hul regte misken word.

* Oudits word nie meer vir alle maatskappye vereis nie.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za