Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sportdagboek

Sportdagboek
 
2011-03-24


KRIEKET

* Op Vrydagaand 25 Maart, bied SRRadiators Young Peoples Krieketklub ’n busrit aan na die Grand-West Casino. Die bus vertrek stiptelik om 19:00. Prys is R100 per persoon. Kontak Evylyn Jacobs by 083-317-2029.

* Paarl-Oos Krieketklub bied op 14 April ’n gholfdag aan by Paarl Gholfklub. Skakel vir Justin Watts (073-297-1822) of Dirk Burger (083-458-3975) vir meer besonderhede.

) RUGBY

* Young Gardens RFC speel Saterdag weg teen La Motte op hul tuisveld. Vervoer is beskikbaar om 12:30 te Food O Rama. Oefeninge is Dinsdae en Donderdae van 18:00 te Daljosafat en alle voornemende spelers is welkom. Vir enige navrae, kontak Mario by 021-870-1081 en William Meyers by 082-0766-182.

* Young Peoples speel Saterdag weg teen Scottsdene. Die bus vertrek 10:00 van Groenheuwel. Op 2 April speel hulle hul eerste ligawedstryd teen Pniel (weg).

* Paarl Rangers beplan ’n Paasnaweek-toer na Hermanus. Die klub sal op Paas-Vrydag na Hermanus vertrek en weer die Sondag terugkeer. Kontak die sekretaris per sms of oproep by 083-286-7761 of stuur ’n e-pos na paarlrangers@gmail.com.

* Violets RFC beplan om die jaar op ’n positiewe noot te begin wanneer hulle hul eerste ligawedstryd teen Pêrel United op 2 April speel. Hulle oefeninge is steeds op Dinsdae en Donderdae by Paulus Joubert Sekondêr.

* Die Stellenbosch Rugby-akademie bied weer tydens die laaste week van die komende Aprilvakansie, 6 – 8 April, ’n rugbykamp vir laerskool-spelers op Stellenbosch en Worcester aan. Die doel van die kamp is die stap vir stap ontwikkeling van spesifieke rugbyvaardighede, asook die beklemtoning van die liefde en genot vir die spel. Dit vind daagliks vanaf 09:00 - 13:00 plaas, en sluit in rugby- en lewensvaardighede, fiksheid en tag-rugby/spele. Spelers oefen in verskillende kleingroepe, met ’n gekwalifiseerde afrigter(s). Elkeen ontvang ’n spesiale hemp/pet. Koste beloop R350. Afrigters kom gratis. Die sluitingsdatum is Vrydag 1 April. Kontak die Rugby-akademie by 021–887-7432, of projects@stellenboschrugbyakademie.co.za vir volledige inligting.

* Young Gardens se oefeninge is Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 te Daljosafat. Vir enige navrae, kontak Mario by 021-870-1081 of William Meyers by 082-0766-182.

) NETBAL

* Die Paarl Netbalklub se oefeninge is op Maandag en Donderdag om 18:15 op die Zanddrift-bane. Alle belangstellendes kan Annelie Lucas by 083-377-2232 of Bennie Saayman by 083-462-6311 skakel.

* Annie Kloppers het onlangs haar nuwe boek NETBALL PLAY WITH RULES vrygestel. Dit is ’n absolute moet vir skeidsregters, afrigters, spelers en netbal-liefhebbers, en teen R125 (aflewering uitgesluit), is dit die netbal-winskopie van die dekade. Vir meer informasie en bestellings, e-pos Annie by anniekloppers@gmail.com.

) SOCCER

* Paarl Soccer Club is celebrating their 50th anniversary celebrations. All life members, honourary life members and all former members of the club are invited to join the celebrations. The club is in the process of establishing a special committee to facilitate the organising of these celebrations. For more info, please contact Lionel Matthee at 072-239-2181 or 021-807-4847.

) BOOGSKIET

Die Paarl Boogskietklub oefen elke Woensdag en Saterdag vanaf 15:00-18:00 by die Nelson Wine Estate. Vir inligting, kontak Louis by 021-870-1257 of 072-613- 7664.

) PRETSTAP

Op Saterdag 2 April is dit wêreldwyd outisme-bewusmakingsdag! In die Paarl word daar “VERENIG en GESTAP vir OUTISME!” tydens die Boland Skool vir Outisme Pretstap op Saterdag 16 April. Alle stappers moet baniere en bewusmakingsplakkate saambring om te dra gedurende die stap, asook swart, wit en ligbou aantrek en vir die waaghalsiges…. jou hare te spuit of jou gesig te verf! Skakel vir Alecia van der Westhuizen by 082-357-2948 of principal.bolandautism@gmail.com.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za