Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hengelaars baljaar

Hengelaars baljaar
 
2011-03-24


DIE tweede klubkompetisie van die Paarl Varswater-hengelklub is verlede Saterdag gehou by Verlorenvlei naby Elandsbaai.

Alhoewel dit baie warm was, het dit die visse nie afgeskrik nie en ’n totaal van 823 visse is gevang deur 30 hengelaars.

Phillip Theron was die beste hengelaar vir die dag met 72 visse vir ’n totaal van 40,3 kg. Paul Greyling (jr) was 2de met 64 visse vir 41,7 kg en Sydney Diedericks, 3de met 68 visse vir 35,7 kg.

Zandrea van Deventer het die beste gevaar onder die dames met 34 visse. Ciska Joone was in die 2de plek met 26 visse en Magda Otto 3de met 25 visse.

Terance Carlson was die top junior met 41 visse. Die groot visse was maar traag om te byt met die grootste vis vir die dag gevang deur Greyling (jr) met ’n gewig van 1,9 kg.

Algeheel is Greyling (jr) en Nico Joone saam in die 1ste plek met 92 punte, gevolg deur Sydney en Phillip met 91 punte. Magda Otto is nog die dames voorloper met 78 punte, gevolg deur Zandrea met 74 punte en Magriet van Eck (3de ) met 70 punte.

Die volgende klubkompetisie is op 16 April by die Paarldam.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za