Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl ambulanse g'n so stadig

Paarl ambulanse g'n so stadig
 
2011-03-24

Lise Beyers

DIE publiek raak behoorlik warm onder die kraag wanneer hul nie vinnig genoeg diens ontvang nie. En dit geld veral vir nooddienste soos die Metro-dienste.

Onlangs is verskeie klagtes ontvang oor hierdie diens, maar by nadere ondersoek is daar vasgestel dat die blaam nie op die skouers rus van die Metro-beamptes van Sanddriftstraat, Paarl, nie, maar eerder by die beheerkamer by Tygerberg Hospitaal.

Tot vier jaar gelede het die Metro-dienste in die Paarl ’n direkte noodnommer gehad, maar dié bestaan nie meer nie. In plaas hiervan is ’n sentrale beheerkamer by Tygerberg opgestel wat oproepe van oral in die Kaapse Metropool, asook Boland behartig.

Noodoproepe moet dus nou hierheen gemaak word, waarna die telefoon-operateur ’n afstuurbeampte kontak, wat dan die oproepe aan die naaste ambulans sal aanstuur.

Maar hierdie proses klink makliker as wat dit werklik is.

Volgens ’n afgetrede Metrobeampte, het hierdie stelsel dikwels slaggate. Die afstuurbeampte is dikwels verward met byvoorbeeld Paarl en Parow.

“Ons sal dus ’n oproep kry na Skoolstraat, en intussen het die voorval in Skoolstraat in Parow plaasgevind.

“Dit is dikwels ook so besig by die beheerkamer weens enkele mense wat honderde oproepe ontvang, dat ambulanse net uitgestuur word na die ernstigste voorvalle.”

En dan is daar ook die probleem van die beskikbaarheid van voertuie.

Daar is een ambulans wat Mbekweni en Wellington bedien. Dié is gestasioneer in die gebied. Dan is daar slegs vier ambulanse daagliks beskikbaar wat die hele Paarl en Paarl-Oos bedien. Hierdie getal daal ook snags tot net drie beskikbare ambulanse.

Dikwels word plaaslike ambulanse en Metro-personeel na buite die gebied ontbied, na onder andere Franschhoek en Stellenbosch, en selfs tot so ver as Leeugamka in die geval van ’n baie groot ongeluk.

En as Paarliete kla oor hul Metro-dienste se dienslewering, moet hulle dit in ag neem dat die Paarl-dienste van die vinnigste reaksietyd in die hele Wes-Kaap het.

Hierdie reaksietyd behels dat hulle in die dorpsgebied binne 15 minute vandat hulle die noodoproep ontvang het by die adres moet wees, of binne ’n tydperk van 40 minute in die landelike areas.

Die noodnommer vir die Metro-dienste is 021-937-0500.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za