Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Samaritaan verdrink

Samaritaan verdrink
 
2011-03-24

Lise Beyers

地 MAN het Saterdagmiddag verdrink, toe hy barmhartige Samaritaan probeer speel het.

Graham Vicks (33) van Magnolia in Paarl-Oos, het saam met 地 groep vriende verligting van die versengende hitte van die dag gesoek. Hulle het langs die Bergrivier by die Langstraat-brug in Noorder-Paarl uitgespan.

Vicks het op die oewer van die rivier gesit toe 地 jong vrou in hul geselskap gaan swem het en in die moeilikheid beland het.

Vicks het haar te hulp gesnel, maar voordat hy by haar kon uitkom, is hy deur die water meegesleur.

Intussen het die vrou daarin geslaag om aan wal te kom.

Polisieduikers is na die toneel en het in die skemer na Vicks se liggaam gesoek.

Die soektog is later weens swak lig gestaak en Sondag voortgesit.

Vicks, 地 koelkamer-tegnikus, word oorleef deur 地 vyfjarige seuntjie, Giovanni Sias, ouers Joan en Patrick Vicks, en suster Grizelde Vicks.

Sy begrafnis vind Saterdag om 10:00 plaas vanaf die woning by Magnolia-woonstel P21, en daarna om 11:00 by die Bethel Congregational Kerk.

* Verlede week het 地 motoris die liggaam van 地 man in Victoriadam op Paarlberg sien dryf. Die polisie is in geroep en die man se lyk is aan wal gebring.

Die man het verdrink en daar word vermoed dat hy reeds 地 geruime tyd dood was.

Enigiemand wat kan help om die identiteit van die man vas te stel, kan Timothy Brand skakel by Paarl Forensiese Patologiese Laboratorium op 021-862-2047/7821.

* A man drowned in the Berg River on Saturday afternoon while trying to help a woman swimmer.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za