Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Drakenstein Edu klop Citrusdal

Drakenstein Edu klop Citrusdal
 
2011-03-24


DIE eerste krieketspan van Maties het hulle Saterdag vasgeloop teen ’n begeesterde Paarl-Oosspan en met die flitsende kolf van Tiaan Cloete (122 n.u.n) aan die spits het die Paarliete 236/5 in hul toegelate 45 boulbeurte aangeteken.

Citrusdal het eerste gaan kolf en kon slegs 159 lopies aanteken in die toegelate 45 boulbeurte. Dit was veral Aswell Malherbe (3/28) in 6 beurte wat die Lemoenboere laat steier het.

In Drakenstein se kolfbeurt het die openingspaar, Juliano Filander (43 6x4 2x6) en Andrew Sampson (57 7x4) behoorlik die wilgerlat geswaai. Dié twee het ook vir ’n rekord openingsvennootskap (118) gesorg. Die vorige rekord het op 58 lopies gestaan.

Die Paarliete het Citrusdal se totaal in die 21ste boulbeurt verbygesteek en gemaklik met 7 paaltjies gewen.

* Drakenstein Edu se derde span het die Reserwe Liga vanjaar gewen.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za