Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hitte demp nie gees by rugbyfees

Hitte demp nie gees by rugbyfees
 
2011-03-24


DIE Young Standards 120 feesjaar-rugbytoernooi het Saterdag in versengende hitte op die Faurestraat-stadion afgeskop met wedstryde tussen klubs in WPRFU wat ouer as 100 jaar is.

Die Paarlstreek-klubs het bewys dat dié streekkompetisie meer gedug is as die meeste divisie-kompetisies van WPRFU met al drie streekklubs wat spanne van die Kaap ore aangesit het.

Violets het in die eerste wedstryd van die dag vir Manenberg Rangers met 28-0 geklop waarna Riverstones die span van Perseverance van die veld gespeel het en met 68-19 verpletter het.

Young Standards het in die laaste wedstryd van die dag vir Retreat in ’n meer gelyk-op wedstryd met 19-11 geklop.

In die plaaslike derby het ’n jong onervare Young Peoples-span vir Paarl-klub met 29-12 geklop.

Paarl se o.20 span het egter vir die nederlaag vergoed en Young Peoples met 26-11 geklop.

Young Standards se o.20 span klop die span van Retreat met 16-9, terwyl die o.16 en o.14 spanne van Young Standards ook aan die wenkant was.

Die o.20 spanne van Paarl-klub en Young Standards meet vanaand om 19:00 kragte by die Boy Louw B-veld. Saterdag speel die juniorspanne en o.20 span van Young Standards teen Young Peoples ook by die Boy Louw-velde. Wedstryde begin om 09:00. Die senior span speel teen Counties by Wemmershoek.

Young Standards bied op 23 April ’n Tien-aan-’n-Kant-Toernooi te Daljosafat-stadion vir o.20 en senior spanne aan. Die o.20 wedstryd begin om 13:00 terwyl die senior finaal teen 21:30 afgehandel behoort te word.

Slegs 8 spanne sal in die onderskeie kompetisie teen mekaar deelneem. Vir navrae, skakel die sekretaris by 082-731-4879.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za