Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl-Oos sukkel om uitklophou te plant

Paarl-Oos sukkel om uitklophou te plant
 
2005-10-13


DIE taai wedstryd tussen die eerste spanne van die Paarl-Oos en Stellenbosch & Distrikte krieketklubs het Saterdag onbeslis geëindig.

Die wedstryd op die New Orleans-veld kon eers ’n driekwartier laat begin weens ’n klam kolfblad.

Die besoekers het die loot gewen en Paarl-Oos ingestuur om te kolf.

Die tuisspan kolf sy 60 beurte klaar en teken ’n telling van 188/8 aan.
David Stevens (34 4x5), Roswin Jephtha (44 4x4) en Jackie Daniels (37nun) was die voorste lopiemakers.

Die boulers wat vir die Stellenbosch-span uitgeblink het, was Christo Paulse (2/17) en Morné Arendse (3/37).

Die besoekers het die teiken hard gejaag, maar toe die skeidsregters besluit om ná die 59ste beurt halt te roep weens swak lig, was hulle nog 21 lopies kort van ’n oorwinning.

Ongelukkig vir die Paarl-Oos manne, het die besoekers nog drie paaltjies in die bank gehad en moes hulle met ’n positiewe gelykop-uitslag tevrede wees.

Die Stellenbosch-manne wat met die kolf ingeklim het, is Shane Cornelissen (43 4x2), Allister Poole (40 4x3) en Brendon Layman (38 4x4).

Vir die Paarliete het Waylain September ’n skittervertoning gelewer deur vyf paaltjies in sy 15 boulbeurte plat te trek waarvan vier leeg was. Die linkerhandse draaier het in die proses 49 lopies afgestaan.

Paarl-Oos verseker nege punte terwyl die Stellenbossers se moeite met ses punte beloon is.

Saterdag speel Paarl-Oos I (weg) en II (tuis) teen Bergrivier Krieketklub. Die derde span speel sy eerste wedstryd van die seisoen weg teen Brackenfell.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za