Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Angels gaan woeker

Angels gaan woeker
 
2011-03-24


VERSKEIE plaaslike skole sê mekaar Saterdag die stryd aan in die strewe om die beste entrepreneurs op te lewer op die Rachel’ Angels markdag. Die Angels-leerlinge van New Orleans Sekondêr en Groendal Sekondêr is onder die deelnemers wat hul eie stalletjies beman, met Paarl Post as mediaborg. Hulle sal eetgoed aanbied asook speletjies waarin lekker pryse gewen kan word, en nooi alle belangstellendes om hulle te kom ondersteun.

Die dag skop om 08:00 af met ’n pretdraf van 5 km waarna verskeie musiekgroepe optree, insluitend Blackkurrant en La Vuvuzela (toegang is R10 en R5 vir kinders).

Rachel’s Angels is die breinkind van prof Rachel Japhta, ’n US-ekonoom en ’n direkteur van Media24, moedermaatskappy van Paarl Post. Die mentorskapprogram word in samewerking met koerante en tydskrifte in die Media24-stal en die Universiteit van Stellenbosch (US) aangepak.

Die projek behels dat tussen sewe en tien skrander, dog behoeftige leerlinge by 20 skole in die Wes-Kaap geïdentifiseer word. Elkeen kry in hul graad 11-jaar ’n Matie-student as mentor. Die Angels is tot einde matriek deel van die program.

In die loop van die twee jaar ondergaan hulle opleiding in lewensvaardighede, loopbaanbeplanning en entrepreneursvaardighede. Twintig skole, van onder meer Atlantis, Malmesbury, Paarl, Franschhoek, Stellenbosch en Ravensmead neem deel.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za