Pret-aflos vir Kansa
2011-03-24
DIE Kankervereniging van Suid-Afrika (Cansa) se Relay For Life-deurnagpretstap vind Saterdag plaas by die Boy Louw-sportvelde in die Paarl. Byna 60 spanne het reeds ingeskryf en vanjaar beloof weer om ’n onvergeetlike byeenkoms te wees. Die aflos begin om 18:00 en duur tot die volgende oggend 06:00. Besoekers kan slegs tot middernag deel uitmaak van die verrigtinge. Daar sal ook verskeie stalletjies wees en vermaak vir oud en jonk. Hier is van die spankapteine besig om te registreer. Vir meer inligting, skakel Minette van der Walt by 083-350-3531 of Dirk Burger by 083-647-4723
More
News
|