Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Talentkompetisie by Windmeul Primêr

Talentkompetisie by Windmeul Primêr
 
2011-03-24


VRYDAG word ’n talentkompetisie vir Windmeul Primêre Skool gehou. Die kompetisie begin om 19:00 in die VGK Agter-Paarl se saal (toegang is R20 vir volwassenes en R10 vir leerders en pensionarisse).
Die gaskunstenaars is die Little Drummer Corps wat tweede geëindig het by die SA’s Got Talent, Hannelie wat die wenner was by Saron Primêr se Talentkompetisie en Janyla wat weer die wenner was by ’n Talentkompetisie op Riebeek-Kasteel. Dié kompetisie maak deel uit van die SA Skoletalentkompetisie.
Drie finaliste word by hierdie geleentheid gekies wat Windmeul Primêr gaan verteenwoordig teen ander laerskole in die Paarl. Paarl se wenners sal dan op hulle beurt teen die ander dorpe in die Drakensteinstreek meeding.
Vir navrae, kontak Elaine by 081-300-4400.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za