OP Vrydag 25 Maart om 20:00 is sanger Jakkie Louw te sien by die Ou Meul-teater.
Louw se loopbaan het begin in 1998 op Stellenbosch in die plaaslike studentekuierplekke waar hy opgetree het.
Hy het sy eerste groot plaat, ‘Drie Pikkewyne’ in 2006 bekend gestel.
Hy het ook al reg oor die land getoer met sy orkes. Jakkie se nuutste ballade Een Miljoen Woorde is ’n aangrypende lied oor hoe kanker die lewens van twee jong verliefdes beïnvloed.
Kaartjies is R80 per persoon en kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083-564-0056 of by vstemmet@gmail.com.