SMS
2011-03-31
* Boland Pulp gee Wellington ’n groot finansiële hupstoot! Gelukkig is seep en water nie te duur nie. * Dankie vir die stilte vanaf 2008 se geraas by pulpfabriek. Sal graag die roet ook weg wil hê. Laaigraaf maak jou mal in die nag. * Geluk aan die Munisipaliteit - by die SA hoërskole atletiekbyeenkoms die naweek op die Daljosafat-stadion het toeskouers met groot lof gepraat van die byeenkoms, fasiliteite en reëlings. * Cummings-gebou - baie dankie aan almal wat hierdie herstelwerk moontlik gemaak het. Met waardering, oudstudent. * Baie dankie aan Orleansvale Laerskool se hoof vir ondersteuning aan inwoners van Chicago getref deur brand * Paarl Boys’ Junior, thank you for a well-organised walk and fun run - pity you were not well supported by your own pupils and parents. * Meneer met taxi BRONNY-WP. Die pad voor Boland Kollege behoort nie aan jou! Bestuur asb ordentlik. Miskien moet verkeersmense soggens daar kom staan. * Die werkers by die parkie by die Paarl streekhof hou geselskap met die hofgangers terwyl die tuin buite die hof vergaan. As dit buite so lyk, hoe lyk dit binne? * Radiostasie bedel alweer geld vir agterstallige munisipale skuld - dis tyd dat julle op jul eie bene staan en jul sake reg bestuur. * Paarl ambulansdiens gee uitstekende diens. Die probleem is die beheerkantoor in Bellville. Die beheer moet terugskuif na Paarl. * Al waar ek verkeersbeamptes teëkom, is by die verkeersophopings weens byeenkomste soos fietsry. * Sies aan drankwinkel naby Paarl streekhof dat jy drank verkoop aan skoliere. Het op 18/3 om 19:45 dit self gesien. Onthou, Pappa watch julle. Patrick
More
News
|