DIE Drakenstein Munisipaliteit se maandelikse betalingskoers is tans 95% en die huidige skuldverligtingsprojek is juis ’n poging om by ’n 100% koers uit te kom.
Die rede hoekom Drakenstein Munisipaliteit skuldverligting toepas, is om mense te help om uit die skuldstrik te onstnap en maandelikse betalers te word.
Munisipale amptenare en enkele raadslede (van verskillende partye) met dispute op hulle rekeninge, skuld die munisipaliteit slegs 0,6% van die totale debiteure.
Die Munisipale Bestuurder het hulle juis aangemoedig om op datum te kom met hulle rekeninge.
Die Munisipaliteit het genoegsame reserwes opgebou om die skuldlas te kan dra. Daar is op die huidige begroting voldoende voorsiening gemaak om skuld af te skryf sodat die huidige belastingbetalers nie negatief geraak word nie.
Ek hoop dat almal wat agterstallig geraak het met hulle rekeninge van die geleentheid gaan gebruik maak om reëlings te kom tref in verband met hulle R1 tot R1 skuldverligting. Daar is nog tyd tot 31 Mei.
JT Basson ANC
(Raadslid
vir Finansies)