Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ongelukkig oor watertariewe by komplekse

Ongelukkig oor watertariewe by komplekse
 
2011-03-31


SEKERE aftree-oorde in die Paarl (waar water nie afsonderlik gelees word nie) is sedert verlede jaar nie meer op ’n glyskaal vir waterverbruik nie, maar op ’n vaste tarief van R8,17 per kiloliter ná die eerste gratis tien kiloliter.

Dit beteken dat inwoners wat 20kl verbruik, R81,70 betaal (nadat die eerste 10 gratis kiloliter afgetrek is) pleks van R58,90. Daar was dus op 1 Julie verlede jaar effektief ’n verhoging van 38% in ons watertarief.

As jou verbruik 125kl is (min 10kl gratis water) betaal jy voorheen R1 398,15 maar nou kos die 115 kl jou R939,55 (’n verlaging van 32,8%).

Op Donderdag 3 Maart is ’n gesprek gevoer namens die inwoners van Groenleegte met mnre C Mapeyi en R Brandt oor die vaste tarief van R8,17 waarop ons nou aangeslaan word.

1. Hulle verweer is dat die begroting beskikbaar was in die biblioteek en as ons beswaar wou aanteken, moes ons dit verlede jaar gedoen het.

Kan u verwag dat Jan Publiek, die belastingbetaler, deur die hele begroting moet werk om te bepaal hoe dit die individu of byvoorbeeld aftree-oorde affekteer? Dit is tog vergesog om dit van die publiek te verwag. Die tariewe word aangekondig, maar daar word niks gesê van die basis wat verander nie.

2. Hulle sê dat die Raad dit goedgekeur het en dat hulle nou niks daaraan kan doen nie.

Die Raad keur die begroting goed, maar die detail soos die basisverandering word nie bespreek nie, want geen amptenaar het ’n voorlegging gemaak om te bepaal wat die implikasie is van die basisverandering nie. As dit uitgewys was, sou die basis nie verander het nie.

Sover ons weet, is die beleid nog steeds dat water bespaar moet word.

Die skaal word heeltemal skeefgetrek wat beteken dat hoe meer water verbruik word, hoe minder betaal jy vir water. Dit is teen die verklaarde munisipale beleid om water te bespaar.

Dit is vir ons totaal onaanvaarbaar dat daar in sekuriteitsareas waar elke inwoner ’n eietitel-eiendom besit en sy eie watermeter het, gediskrimineer word om die nuwe tarief te betaal.

Ons meen hierdie saak moet na die Raad geneem word om die oorspronklike besluit te herroep sodat teruggegaan kan word na die glyskaal wat van toepassing is vir die res van die Paarl se inwoners wat eie eiendom besit.

Inwoners van komplekse met ’n sentrale watermeter word aangeraai om beswaar te maak teen die nuwe tariewe wat van 1 Julie af sal geld.

Voorsitter, Groenleegte Huiseienaarsvereniging

Anthony Sauls, munisipale woordvoerder, reageer: Met die implimentering van die Munisipale Tariewe vir die 2010/ 2011 boekjaar, is die Raad se Tariewe met dié van ons buurmunisipaliteite vergelyk.

Daar was gevind dat beide Stellenbosch en Stad Kaapstad Munisipaliteit ’n vaste tarief ten opsigte van waterverbruik gebruik vir gebiede waar daar een groot watermeter (“bulk meter”) in gebruik is vir ’n groep enkeltitel-huiseienaars.

Die illustrasie van heffing soos gemeld in die skrywe, is gebaseer op individuele titelshouer, en nie op die totale groep inwoners van die huis­eie­naars, soos maandeliks bereken word.

Die volgende redes was in ag geneem met die implimentering van die genoemde tarief:

• Om konsekwent te wees met die beste praktyke.

• Om ’n meer geskikte manier van heffing te vind, vir grootmaatverbruikers, om nie enige party te benadeel nie.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za