Pniel hou Saterdag basaar
2011-03-31
DIE Pniel Concregational Kerk hou hul kerkbasaar op Saterdag 2 April vanaf 09:30 tot 14:00 op die kerkplein. Daar sal springkastele en allerhande speletjies en lekkernye vir die kinders wees. Vir die avontuurlustiges is daar die gewilde wiel waar sakkies aart-appels, uie, vrugte en vele meer gewen kan word. Daar sal ook heerlike gebak wees en ’n teetuin om in te ontspan. Vir navrae, skakel die kerkkantoor by 021-885-1300.
More
News
|