ACVV bied aan ’n herdenkingsdiens
2011-03-31
ALLE belangstellendes word uitgenooi na ’n sanguitvoering in die Paarl deur mezzosopraan Minette Pearce du Toit, ter herdenking van die lewe van Thelma Oosthuizen en Ina Rens, stigter-beheerraadslede van Huis Vergenoegd. Die sanguitvoering vind plaas op Dinsdag 5 April om 18:45 in die C Blok-kapel van Huis Vergenoegd. Toegang is gratis. Die herdenkingsgeleentheid word deur Carin Lawrie, dogter van Oosthuizen, gereël.
More
News
|