Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kanker-staptog ’n groot sukses

Kanker-staptog ’n groot sukses
 
2011-03-31


VANJAAR se Cansa Relay For Life was ’n groot sukses en ’n bedrag van ongeveer R182 000 is deur 62 spanne ingesamel. Die deurnag-aflosfees is Saterdag en Sondag by die Zanddrift-sportterrein (Boy Louw) gehou.

“Dit was ’n ongelooflike gebeurtenis, ek reken seker een van die grootste en uniekste gemeenskapsprojekte in die Paarl,” het Dirk Burger, voorsitter van die Cansa Relay for Life Paarl gesê.

Volgens Tarryn du Plessis van die Oliver Foundation-span was die Cancer Relay for Life ’n ongelooflike ervaring.

“Ons was so geëerd en geseënd om te kan deel in die leed en stryd sowel as die oorwinnings en vreugdes van diegene wat daagliks braaf die siekte veg.

“Wat ons weer eens besef, is dat kanker vra nie ouderdom, geslag of ras nie, dit kan enige tyd, enigiemand affekteer en aan die einde van die dag was dit nie net oor fondse insamel nie, maar om ’n verenigde anker van hoop, krag, sorg en wete dat jy nie alleen is nie te stig,” het Du Plessis gesê.

Spanne het vooraf geld ingesamel en ook die aand van die aflos het hulle verskeie kosse en lekkernye en vele meer te koop aangebied. Spanne het ook elk ’n soort kanker uitgebeeld en inligting daaroor verskaf. Alle geld wat ingesamel is, help om te sorg vir dienste aan kankerpasiënte, om vroeë opsporing en gesonde leefstyle aan te moedig, asook om kankernavorsing te bevorder.

Kerse is aangesteek in luminaria- sakkies met geliefdes se gesiggies en boodskappies op. Die sakkies was om die baan gepak en geliefdes kon toe herdenk word.

Pryse is aan spanne oorhandig en die Explora-span het die prys vir die meeste fondse ingesamel, gewen (R16 014). Vissies Support Cansa het die prys vir die beste spangees gewen, Hopeful, Joyful Fighters het die prys vir die beste banier gewen, Theatre Fairies het die prys vir die beste stalletjie gewen, Ghost Busters het die prys vir die beste spandrag gewen en SABR het die prys gewen vir die beste Missie.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za