Kavaliers slag Griekwas
2005-10-13
DIE Boland Kavaliers het Vrydag die Griekwas in eie munt terugbetaal vir die nederlaag wat dié span vir hulle op Wellington toegedien het.
Die Kavaliers het op Kimberley in hul laaste wedstryd van die seisoen die Diamantdelwers 37-26 geklop.
Dié sege het verseker dat Boland nou met 17 ligapunte algeheel sesde in die Curriebekerkompetisie geëindig het.
Dit is heelwat meer punte as die ander sogenaamde kleiner unies wat ook na die Top 8-kompetisie deurgedring het.
Die Griekwas het 10 punte op sy kerfstok terwyl die Luiperds slegs 7 punte bymekaar kon skraap.
Die Boland se groot staatmaker tydens Vrydag se kragmeting was die vleuel, Rayno Benjamin, wat twee drieë gedruk het.
Die ander twee drieë wat die bonuspunt vir die besoekers verseker het, is deur Charl Blom (skrumskakel) en Henk Eksteen (slot) gedruk.
More
News
|