VALIANT SWART bring op 8 April om 20:00 weer sy gewilde eenmanvertoning na die Ou Meul-teater in die Paarl om 20:00.
Teatergangers kan weer eens uitsien na ’n program gevul met top-Afrikaanse liedjies en stories uit Valiant se pen.
Met sy blues-kitaar en bekfluitjie neem hy die gehoor saam met hom op reis deur die talle bestemmings wat hy op sy ruk-en-rol avonture aandoen, en stel hulle voor aan die karakters wat hy op die langpad teëkom.
Sy sielvolle woorde en wysies is deurspek met humor en deernis.
Valiant sal tydens sy optrede by die Ou Meul uit die bundel voorlees, en eksemplare sal ná afloop van die vertoning te koop aangebied word.
Kaartjies is R80 per persoon en kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083-564-0056 of stuur ’n epos na vstemmet@gmail.com.