Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Modelvliegtuie in Agter-Paarl

Modelvliegtuie in Agter-Paarl
 
2011-03-31


DIE 2011 nasionale kompetisie vir radiobeheerde skaalvliegtuie word vir die eerste keer in die Boland aangebied op die klubterrein van die Boland Model Aircraft Association (BOMAC) naby Klapmuts.

Die kompetisie, wat ook ’n kwalifiserende kompetisie vir nasionale kleure is, strek oor 4 dae vanaf 21 April tot 24 April.

Pragtige skaalreplikas van vliegtuie sal tydens die kompetisie gevlieg en uitgestal word deur van Suid-Afrika se beste vlieëniers. Voorbeelde van die vliegtuie wat gaan deelneem, kan besigtig word op www.bomac.co.za.

Die publiek is ook welkom om die kompetisie by te woon. Die terrein se ruitverwysing is S 33 44’ 45” E 18’ 53” 16 en is bereikbaar op die R44 vanaf die N1 in die rigting van Wellington (draai links op die grondpad regoor die aansluiting met die Suid-Agter-Paarlpad).

Kontak 082-700-1856 vir verdere besonderhede.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za