Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tronkstraf vir moord op tiener

Tronkstraf vir moord op tiener
 
2011-03-31

Liezl Davids

GEMOEDERE het Maandag hoog geloop buite die Paarlse Streekhof nadat Luzane Hendricks (20) tien jaar tronkstraf opgelê is vir die moord op matrikulant Reagan Wessels. Vier van die tien jaar is opgeskort.

Hendricks en Wessels se ondersteuners het buite die hof opstandig geraak, nadat ondersteuners van Hendricks aanmerkings oor die voorval gemaak het. Dinge het so erg geraak dat polisiebeamptes moes inspring om gemoedere te kalmeer.

Reagan (18), ’n belowende matrikulant aan Klein Nederburg Sekondêr, is op 17 April verlede jaar deur Hendricks doodgesteek in Klein Drakensteinweg, Paarl, nadat die twee ’n onderonsie gehad het.

Reagan het later dié dag in die hospitaal aan sy wond beswyk.

Tydens die hofverrigtinge het streeklanddros Patrick Ross die weergawes van Hendricks en sy getuies afgemaak as blatante leuns.

Ross het ook gesê dat Hendricks nie oop kaarte met die hof gespeel het nie en uitgewys dat Hendricks al persoon is wat beweer het dat Wessels met ’n “vuurwapen” gesien is. Nie een van die ander getuies het ’n vuurwapen of enige ander wapen opgemerk nie.

Die hofverrigtinge was baie emosioneel vir beide families.

Die beskuldigde het telkemale sy trane afgevee nadat die uitspraak gelewer is en sy ma het ontroosbaar begin huil toe sy haar seun moes groet.

Vir die Wessels-gesin is die pyn steeds groot.

“Ek is bly die hofsaak het tot ’n einde gekom en dat geregtigheid geskied het, maar dit sal nie my kind terugbring nie en hy het nog sy hele lewe voor hom gehad.

“Ek sal hom nooit weer hoor praat nie of aan hom kan raak nie. Maar met tyd en gebed sal God alles reg maak,” het die oorledene se steeds hartseer ma gesê.

* A young man has been sentenced to 10 year imprisonment for the murder of a matric pupil last year.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za