Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ligas skop af

Ligas skop af
 
2011-03-31


EERSKOMENDE Saterdag klap die eerste skote in die 2011 rugbyseisoen wanneer wedstryde in die Paarlstreek-liga en die Superliga (B) beslis gaan word.

Op die Daljosafat-stadion kom die streekkampioen, Vineyards, teen Simondium te staan. Vineyards sal alles in hul vermoë doen om die eerste span in dié streekkompetisie te word om hul titel suksesvol te verdedig.

Alle oë sal egter op die Boy Louw-velde wees waar Riverstones en Young Standards kragte meet en Albions en Young Gardens mekaar pak. Violets speel op die Labori-velde teen Pêrel United terwyl Laer Paarl na Windmeul reis.

Paarl speel op die Faurestraat-stadion teen Scottsdene en Rangers speel teen Hamediehs op die New Orleans-velde.

Young Peoples speel Saterdag ook in hul eerste Superliga (B) wedstryd teen Pniel. Alle hoofwedstryde begin om 16:00.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za