Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rose se silinders loop reeds lekker

Rose se silinders loop reeds lekker
 
2011-03-31


VERLEDE jaar se Premierliga-kampioene, Roses United, het verlede Saterdag in hul tweede ligawedstryd van die 2011 seisoen die span van Ceres oortuigend met 54-15 geklop. Die rustydtelling was 19-0 in die guns van die Rose.

Die Rose het voorlangs die stryd oorheers. Alhoewel die hele agttal goed gespeel het, moet Gerhard Goosen (slot) tog uitgesonder word. Hy het weer eens ’n briljante wedstryd gespeel.

Sy slotmaat, Hyco Jacos, het ook reusewerk in die lynstane verrig. Tertius Nel het ook beïndruk met sy hoë werksverrigting.

Agterlangs het Roses se agterlyn ook op al sy silinders geloop. Hier was dit veral Justin Morgan (vleuel) en Christopher “Manie” Adams (heelagter) wat die oog gevang het met puik aanvallende spel. Theo Marinus het ook ’n heel skaflike debuut op losskakel vir die Rose gemaak.

Vir die Rose het Adams, Marinus en Gavaron Sherman elk twee drieë gedruk.

Goodman Moses en Justin Morgan was die ander driedrukkers. Percival Williams was suksesvol met sewe doelskoppe.

Die Rose speel eerskomende Saterdag weg teen Abbottsdale. Die bus vertrek om 11:00 vanaf Klaas­enstraat in Wellington.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za