Paarl atlete skitter met medaljes
2011-03-31
ATLETIEKBLOED loop dik in die Paarl met plaaslike atlete wat tydens die afgelope SA Skole-atletiekkampioenskappe baie goeie rekenskap van hulself gegee het. Hoërskool Gimnasium se atlete het die kroon gespan met 21 medaljes en ’n SA Skolerekord. Hoër Meisieskool Paarl het 3 medaljes, La Rochelle 4 medaljes en Boishaai 2 medaljes verower. Die 21 Gim-atlete wat die afgelope naweek op die Daljosafat-stadion deelgeneem het, het 5 brons-, 10 silwer- en 6 goue medaljes huis toe gebring. Saterdagmiddag het Jan-Louw Kotzé die SA Skole o.17 skyfwerp-rekord verbeter vanaf 60,60m tot 61,88m. Goue medaljes is verower deur Helene Swanepoel D o.15 400m (57,90), Jean-Maré Senekal D o.19 100mH (14,16), Niel Giliomee S o.15 paalspring (3,30m), Jan-Louw Kotzé S o.17 skyfwerp (61,88m) en Jannie Briers-Louw S o.19 400m (48,30) en 4x400m. Silwer medaljes is verower deur Helene Swanepoel D o.15 300mH (44,20), Marina Swanepoel D o.17 400mH (60,82), Jean-Maré Senekal D o.19 400mH (60,57) en 4x100m aflos, Wilhelm Brönn S o.15 PS (3,30m), Frederick Louw S o.15 100mH (13,54), 300mH (39,36), Schalk Burger S o.19 4x100m aflos, 110mH (14,88) en 400mH (51,81). Louw was baie ampertjies twee goue medaljes ryker toe hy beide eerste plekke in sy twee hekkies items met ’n honderdste van ’n sekonde misgeloop het. Brons medaljes is verower deur Helene Swanepoel D.o.15 4x100m aflos, Marina Swanepoel D.o.19 4x400m aflos, Jani Smit D.o19 PS (2,70m), Daniël du Toit S.o.19 spiesgooi (60,45m) en Jan-Louw Kotzé gewigstoot (17,38m). Vir Hoër Meisieskool Paarl het Tamryn Cupido ’n brons medalje in die o.17 D verspring (5,47m), Kulthoom Gaidien vir D o.17 ’n silwer medalje in paalspring (3,10m) en Natasha Obermeyer ’n brons medalje in paalspring vir D o.15 (2,60m) behaal. Vir die Larries het Chloé Pheiffer ’n silwer medalje vir D o.19 in die 4x100m aflos, Mandolene Hermanus ’n silwer in die D o.17 driesprong (11,29m) en Moniqueann Lombaard ’n silwer in die D o.19 3000m (10,41) en brons in die 1500m (4,47) behaal. Twee van Boishaai se atlete het ook puik prestasies gelewer. Ruan Brits was tweede in gewigstoot S o.15 (17,47m) en Tiaan Mouton was derde in die 400mH S o.17 (53:00).
More
News
|