Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Weskus-seun is maand se sportster

Weskus-seun is maand se sportster
 
2011-03-31

Sieb Sieberhagen

HY kom van die Weskus, maar vir die afgelope jaar of wat het Lizaad Williams (17), ’n graad 12 leerder van Hugenote Hoërskool, hom al lekker in Wellington ingeburger en is hy beslis iemand om mee rekening te hou wanneer hy die rooi granaat in sy hand vashou.

Lizaad se prestasies op die krieketveld spreek boekdele en daarom word hy ook as Maart 2010 se Paarl Post Let’s Play se Sportster van die Maand.

Die beste prestasie was seker sy insluiting as naatbouler in die Suid-Afrikaanse o.19 span wat reeds aan die begin van die jaar in vyf eendagwedstryde en twee 20Twintig-wedstyde teen Zimbabwe kragte gemeet het.

Dié eer het hom te beurt geval nadat hy die Cape Cobras se o.19 span in ’n toernooi verteenwoordig het en daarna vir die SA-span gekies is.

In die Zimbabwe-toernooi het hy in vier wedstryde gespeel en altesaam 6 paaltjies geneem met ’n beste ontleding van 2/23.

En van ontledings gepraat. Sy beste nog was 7 paaltjies vir net 18 lopies in ’n o.19-skolewedstryd. Hy is ook glad nie ’n pampoen met die kolf nie en het al 95 lopies met die wilgerlat aangeteken.

Lizaad, wie se held Andrew Flintoff, die veelsydige Engelse speler is, is ’n naatbouler wat tussen 135 en 138 km/h boul en die bal na albei kante toe kan laat uitbeweeg. En boonop het hy die vermoë om die bal in gunstige omstandighede te laat swaai.

Hy het op 13-jarige ouderdom agtergekom dat hy lekker vinnig kon boul en hom toe daarop toegespits. Op 14-jarige ouderdom het hy ook by Henry Williams afrigting begin kry.

“Ek verkies eerder die driedag-wedstryde, want dit toets jou dissipline en karakter. Wanneer dit elke dag 40 grade is, moet jou behoorlik kophou om die beste vertoning te lewer,” vertel hy.

En dit is presies wat Lizaad volgende jaar wil studeer: sportsielkunde, want hy besef dat ’n mens nie vir altyd krieket kan speel nie.

Nou moet hy hom net reg voorberei om gekies te word om in Junie vir die SA o.19-span in Engeland te gaan toer en om Suid-Afrika in 2012 by die o.19 Wêreldbeker-toernooi te gaan verteenwoordig.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za