Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Daar's ruimte tussen die sterre vir hulle

Daar's ruimte tussen die sterre vir hulle
 
2011-03-31

Devidean Moses

“DIS een keer in ’n leeftyd,” sê slimkoppe Braam Coetzee en Maretha Bester van die Paarl nadat albei van hulle gekies is om aan ’n projek by die VSA Ruimteskool by NASA in Houston deel te neem.

Braam (16) van Gimnasium Hoërskool en Maretha (16) van Hoër Meisieskool Paarl sal vir twee weke in Julie saam met 450 leerders van 48 lande na die Universiteit van Houston te Clear Lake en die Johnson Space Centre gaan vir die jaarlikse VSA Ruimteskool.

Hierdie is ’n NASA-geborgde program wat bestuur en georganiseer word deur die Foundation vir Internasionale Space Education (FISE).

Die doel is om geleenthede te skep op ’n internasionale vlak asook om ’n nuwe generasie se belangstelling in die wetenskap te ontwikkel.

Tydens die sessie sal die Ruimteskool die studente bekend stel aan die verskeidenheid dissiplines wat betrokke is by ruimtereis met praktiese opvoeding deur ruimtemanne, wetenskaplikes, mediese praktisyns en ingenieurs. Die kostes van die avontuur beloop R28 000.

Braam beskou homself as ’n A-kandidaat en slaag al sy vakke bo 80%, insluitend Fisiese Wetenskappe en Lewenswetenskap, asook Gevorderde Wiskunde.

“Nadat Louis Cordier in 2010 aan hierdie projek deelgeneem het, het dit ’n aansporing by ons skool geword om in sy voetspore te volg. Alle leerders met Natuurwetenskappe as vak kon aansoek doen,” sê ’n opgewonde Braam.

Hy is ’n baie aktiewe mens wat daarvan hou om rugby en hokkie te speel en te swem. Hy wil hom graag in Megatronika as beroep bekwaam.

Dit sit werklik nie in enigeen se broekspyp om gekies te word deur NASA nie. Maretha vertel dat sy slegs een en ’n halfuur tyd gehad het, om die keuringsvrae te beantwoord. Sy was die afgelope drie jaar die topleerder in haar graad.

Haar vakke sluit in Fisiese Wetenskappe, Lewenswetenskappe, Rekeningkunde, Gevorderde Wiskunde en Frans.

“Hierdie geleentheid gaan vir ons soveel deure oopmaak vir die toekoms,” sê sy. “Dit sal die eerste keer in my lewe wees wat ek gaan vlieg.”

Maretha, wat haarself as ’n toekomstige wetenskaplike sien, geniet haarself as sy kitaar speel en beoefen ook netbal en spiesgooi.

Sy beskryf haarself as ’n sosiale mens wat daarvan hou om tyd te maak vir vriende en is gek daaroor om boeke te lees. Sy is ook tesourier van die Junior stadsraad wat haar die geleentheid skep om uit te reik na die gemeenskap.

“Jy moet nooit verskoning maak vir wie jy is nie. Al is die groepsdruk hoeveel, wees jouself en hou by jou beginsels,” sê sy.

Braam voeg by: “Jy moet regtig tyd en harde werk insit as jy iets wil bereik.”




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za