Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Reën bederf krieket

Reën bederf krieket
 
2005-10-13


DIE Premierligastryd tussen Novel Paarl en Maties het soos verskeie ander wedstryde nie Saterdag plaasgevind nie, weens reën wat die vorige nag uitgesak het.

Water wat onder die seile ingekom het, het veroorsaak dat daar tot 12:45 gewag moes word voor die twee skeidsregters beslis het dat geen spel op die kolfblad van die Parysveld moontlik sou wees nie.

Vir albei spanne sou ’n uitslag in dié wedstryd bepaal hoe die res van die seisoen vir hul sou verloop.

Saterdag speel Paarl weg op Bergzicht teen die span van Van der Stel wat twee naweke gelede byna met Maties afgereken het.

Paarl II speel gelykop teen Maties II nadat swak lig daartoe lei dat die wedstryd vroeg beëindig word.

Maties II teken 258/9 in sy 60 boulbeurte aan nadat die Paarl kaptein, Cameron Cupido, die loot wen en die studente vra om te
kolf.

Vir Maties teken M Uys 99 lopies aan en moker hy in die proses 13 grenshoue.

G Pfuhl (69 4x8, 6x1) was die ander kolwer wat ook die 50-merk kon verbysteek.

Wayne Minnies het met sy draaiballe 4/54 in 14 boulbeurte geneem terwyl Heinrich Muller sy terugkeer gemaak het, met 2/33 in 9 boulbeurte.

Voordat die wedstryd gestaak is weens swak lig, teken Paarl II 157/8 in 45 boulbeurte aan met die kaptein Cupido wat 46 lopies aanteken wat ses grenshoue insluit.

Hy word goed bygestaan deur Minnies wat ook met die kolf uitblink en 38 (4x4) onoorwonne lopies aanteken.

Minnies is as die Paarliete se speler van die wedstryd aangewys.

Dié naweek speel Paarl II teen Van der Stel II op die Parysgronde.
Die derde spanne se wedstryde begin ook Saterdag en in hul eerste kragmetings kom Paarl III teen Peoples III op Daljosafat te staan terwyl Paarl IV en Stellenbosch & Distrikte mekaar op die
Parysgronde pak.

* Albei Young Peoples Krieketklub se wedstryde is Saterdag afgelas weens nat veldtoestande.

Die Tiere se eerste span kon egter Sondag speelkans kry teen die span van Van der Stel op Daljosafat Stadion.

Die besoekers kry geleentheid om eerste te kolf en word in die voorlaaste beurt vir 166 uitgehaal.

Die tuisspanboulers wat die paaltjies laat kantel het, is Lester Opperman (3/47 in 9bb), Hubert Ontong (3/40 in 14bb) en Henley Julies (2/47 in 13bb).

Peoples se aanvangskolwers, Rupert Bailey (50 4x8) en Quinton Kannemeyer (82nun 4x11, 6x1) het ’n gesonde fondasie gelê en danksy ’n netjiese beurt deur Edwin Jacobs (29nun 4x3) wen die Paarliete met agt paaltjies.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za