AS jarelange inwoner van die Paarl wil ek my bekommernis uitspreek oor die Bergrivier waar groot areas so toegegroei het nadat dit ’n paar jaar gelede wyer skoongemaak was van al die bosse en grasse wat die rivier vernou het.
Die winter is op hande en ek dink ons Munisipaliteit moet wakker word en voorsorg begin tref vir baie reën wat aan die kom is. Die ou ontwortelde bome en takke lê nog net so in die rivier opgehoop.
Bekommerde Belastingbetaler