Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kos stel teleur by Medi-Clinic

Kos stel teleur by Medi-Clinic
 
2011-04-07


MY vrou was onlangs ’n pasiënt in die Paarl Medi-Clinic en ons dink lesers moet weet hoe swak die kosafdeling daar is.

Die kos is swak voorberei, minderwaardig en min – selfs vir ’n siek mens. Dienslewering is of nie-bestaande of uiters swak.

Die administratiewe en verpleegpersoneel was egter baie goed.

Douglas van Niekerk, Tulbagh

Jacorie Visage reageer namens Medi-Clinic Paarl: Dit spyt ons om van die Van Niekerks se ongelukkigheid te verneem. Die aangeleentheid is deur die hospitaalbestuur en Western Province Catering se kontrakbestuurder ondersoek. Geen klagtes hieroor is van die pasiënt ontvang tydens haar hospitaalverblyf nie.

Kos word voorberei volgens kontrakspesifikasies en porsies word ook daarvolgens bepaal. Die spyskaarte word deur gekwalifiseerde dieetkundiges saamgestel. Vele Medi-Clinic hospitale maak van WPC se diens gebruik juis omdat die diens hoog aangeskryf word. Die kontrakbestuurder het mev Van Niekerk gekontak en gehalteverbetering sal toegepas word waar nodig.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za