Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dankie vir ondersteuning

Dankie vir ondersteuning
 
2011-04-07


EK is die Hemelse Vader ewig dankbaar dat die negatiewe in my lewe ’n positiewe wending begin neem het. Ek het onder baie moeilike omstandighede geleef om ’n inkomste te verdien. Die laaste strooi was toe my man verlede jaar by my nog geld vir drank kom vra.

Toe ek weier, het hy gedreig om my dood te maak. Uit vrees vir my lewe en die gedagte dat my kinders sonder ’n ma sou moes grootword, het ek toe maar my laaste reisgeld werk toe en die week se broodgeld gegee.

Gevolglik kon ek nie gaan werk nie. Ek het toe die polisiestasie van Wellington genader, wat ene pastoor Morris gekontak het om my te kom bystaan.

Die pastoor praat so reguit en het my man sommer tot ander insigte gebring. Na ’n paar gesinsvergaderings, moet ek regtig sê dit gaan goed in my huis.

Ek ontvang elke maand al vir ses maande my man se salaris, hy gebruik ook nie meer alkohol nie en ek was nog nie weer deur hom geteister nie. God het radikaal sy lewe verander.

Wellingtonner




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za