Nuwe rekord opgestel
2011-04-07
Tydens die afgelope Wes-Kaapse Baanfietskampioenskappe in Bellville het Réniell Matthysen (Paarl Fietsryklub) en Evan Carstens (Outriders Fietsryklub) weer ’n nuwe SA rekord in die 20km Madison opgestel.
Hulle het in 2010 die rekord van 25:35:20 wat in 1997 opgestel was, verbeter na 24:37:20 en nou verbeter na 23:12:90. In die proses het hulle die res van die deelnemers met meer as 5 rondes verbygegaan en ’n gemiddelde spoed van 51,69 km/h gehandhaaf.
More
News
|