Villagers Newton wen oortuigend
2011-04-07
DIE eerste rugbyspan van Villagers Newton het Saterdag weer eens in ’n wegwedstryd gewys waarom hulle in 2010 die Boland eersteliga-kampioene was. Onder hul nuwe afrigters, Edward Sabbat en Martin Kriel, het Newton se manne hul tweede wedstryd van die seisoen teen Young Eagles (Chatsworth) met 27-6 gewen. Dié wen volg na verlede week se oortuigende sege van 27-0 oor Wamakersvallei. In Saterdag se winderige toestande het die spelers gesukkel om aan die gang te kom, maar ná die ruskans het die manne in rooi en wit met doelgerigtheid pale toe gespeel. Drieë is gedruk deur William Kok, Sean Paulse, Chris Philander en Hilton Rubein. Morné Baron was in die kol met 2 doelskoppe en 1 strafdoel. Newton se tweede span was baas met 12-10. Eerskomende naweek het Newton Villagers ’n loslootjie.
More
News
|