Skiet vir Westelike Provinsie
2011-04-07
Gerhard Genade van die Paarl is twee weke gelede gekies om die Westelike Provinsie tydens die nasionale windbukskampioenskappe aan die einde van die maand op Bronkhorstspruit te verteenwoordig.
Gerhard het drie jaar gelede die windbukssport begin beoefen en wil graag vanjaar sy Protea-kleure verwerf.
Kampioenskappe om te kwalifiseer vir die SA-byeenkoms het reeds in Julie 2010 begin en hy is een van 8 skuts uit 35 in die WP wat gekwalifiseer het.
More
News
|