Swemmers presteer
2011-04-07
Nicholas de Villiers, Boishaai se senior Victor Ludorum-swemmer vir die 2010/11 seisoen, het onlangs tydens die SA Vlak 2 swemkampioenskappe in Kaapstad twee medaljes verower.Hy was eerste in die 100m borsslag en 3de in die 4x50m.
Kai Cilliers het ’n brons medalje verower in die 100m rugslag en Marco-Jean Blom het ’n tweede plek gekry vir die 4x100m vryslag aflos en ’n derde plek in die 4x50m vryslag aflos.
Hulle is almal lede van die Vineyard-swemklub.
More
News
|